Franciskane
1209-1517
Die Franciskanerorde (Latyn: Ordo Fratrum Minorum; Engels: Order of Friars Minor), of Franciskane(rs), is ’n Rooms-Katolieke monnike-orde wat in 1209 deur Franciskus van Assisi gestig is. Die orde volg die leringe en spirituele beginsels van die stigter en van sy belangrikste volgelinge, soos Klara van Assisi.
![](https://cdn.statically.io/img/upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/da/StFrancis_part.jpg/200px-StFrancis_part.jpg)
Die Franciskanerorde is die oudste van drie ordes van die Franciskaanse beweging; die tweede is die Orde van Sint Klara en die derde die Derde Orde van Sint Franciskus.
Eksterne skakels
wysig- Order of Friars Minor (amptelike webtuiste)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Franciskane.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia