Gaan na inhoud

Doubs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Jcwf (besprekings | bydraes) op 01:22, 9 Februarie 2016 (Nuwe bladsy geskep met 'Die Doubs (uitgespreek [du] ''doe'') is 'n rivier in Frankrijk en Switserland wat in die Saône en uiteindelik in die Rhône uitmond. Die Franse département Doub...')
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Die Doubs (uitgespreek [du] doe) is 'n rivier in Frankrijk en Switserland wat in die Saône en uiteindelik in die Rhône uitmond. Die Franse département Doubs is na hierdie rivier genoem. Sy totale lengte is 453 km, waarvan 430 op Franse grondgebied. In Frankryk is dit die tiende rivier na lengte. Die rivier ontspring in die Franse gemeente Mouthe op 945 m hoogte en stroom aanvankelik na die noordooste langs die stede Pontarlier en Morteau. Dit vorm die Frans-Switserse grens en draai dan na die suidweste. Ná 'n kort rukkie deur Switserland (die Clos du Doubs) stroom dit deur Besançon en die land van Montbéliard om uit te mond in die Saône by Verdun-sur-le-Doubs

Die naam Doubs is van 'n Keltische stam dub- (in Gallies), wat swart beteken. Dit word nog gebruik in Bretoens du en in Iers dub. Ook in die Switsers-Duitse naam Tobwald of Toppwald kom die element dub- voor. In 1299 word dit in Latyn duidlik gemaak " Silvas nigras que theotonice vulgo topwelde appellantur" (Swart bosse was deur die Duitse volk topwelde genoem word.)

Die waterstand is baie onreelmatig omrede die rivier net deur reenval gevoed word. In Neublans-Abergement word gemiddeld minimaal 64,00 m3/s gemeet in Augustus en maksimaal 268 m3/s in Februari. Daar is 7 damme wat elektrisiteit lewer.


Syrivier Lengte Stroomgebied Oewer
Audeux 24,2 km links
die ruisseau des Lavaux 12 km (in Frankryk) regs
die Drugeon 53,5 km 191 km2 links
die Rançonnière 10,3 km (in Frankryk) regs
die Dessoubre 33,3 km 560 km2 links
die Barbèche 14,1 km links
die Gland 13,5 km 41 km2 regs
die Allan 59,6 km 1120 km2 regs
die Cusancin 12,6 km 356 km2 links
die Clauge 35.4 km 116 km2 links
die Loue 122,2 km 1760 km2 links
die Orain 39 km 200 km2 links
die Sablonne 27,3 km regs
die Guyotte 41,1 km 160 km2 links


Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Franse Wikipedia. Sien bron.