Gaan na inhoud

Heiligendamm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Voyageur (besprekings | bydraes) op 20:41, 1 Junie 2007 (Nuwe blad: '''Heiligendamm''', 'n strandoord in die Mecklenburgse Baai van die Oossee, is 'n stadsbuurt van Bad Doberan, 'n stad in die Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommeren. Heilig...)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Heiligendamm, 'n strandoord in die Mecklenburgse Baai van die Oossee, is 'n stadsbuurt van Bad Doberan, 'n stad in die Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommeren.

Heiligendamm is die oudste strandoord in Duitsland en word vanweë sy spierwit huise langs die strand ook die "Wit Stad aan die See" genoem. Dit het danksy die internasionale spitsberaad van die G8-state in Junie 2007 internasionale bekendheid verwerf.