Gaan na inhoud

Flagstaff

Koördinate: 31°04′45″S 29°29′54″O / 31.07917°S 29.49833°O / -31.07917; 29.49833
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Flagstaff
Flagstaff is in Oos-Kaap
Flagstaff
Flagstaff
Koördinate: 31°04′45″S 29°29′54″O / 31.07917°S 29.49833°O / -31.07917; 29.49833
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistriksmunisipaliteitO.R. Tambo
Plaaslike MunisipaliteitNgquza Hill
Ontstaan~1877
Oppervlak
 • Totaal2,7 km2 (1,0 vk. myl)
Hoogte
907 m (2 976 ft)
Bevolking
 • Totaal4 821
 • Digtheid1 800/km2 (5 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
4810
Skakelkodes039

Flagstaff is 'n dorp in die Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is die setel van die Ngquza Hill Plaaslike Munisipaliteit.

Geskiedenis

Die dorp het in 1877 ontstaan toe twee handelaars, Zacharias Bowles en George Owen 'n winkel geopen het. Hulle was goeie burgers en het glad nie op Sondae en openbare vakansiedae besigheid gedoen nie. Die inheemse bevolking het geen begrip gehad van kalenders nie en die begrip vakansiedag was vreemd. Die handelaars plant toe 'n vlagpaal en het 'n witvlag gehys op die dae wat die winkel toe sou wees. So het die dorp sy naam gekry.

Distrik

Bosbou word beoefen in die distrik en daar is baie wattelplantasies.

Sien ook

Bron