Gaan na inhoud

Hyundai i40

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Hyundai i40 wa (Duitsland; voor opkikker)
Hyundai i40 sedan (Australië; voor opkikker)
Binneruim

Die Hyundai i40 is 'n groot gesinsmotor vir die Europese mark ontwerp deur die Suid-Koreaanse vervaardiger Hyundai. Dit deel sy platform met die Hyundai Elantra,[1] Verenigde State bemark word en is by die Barcelona-motorskou in 2011 onthul.[2]

In sommige markte word die Sonata steeds as 'n aparte model verkoop, soos in die Verenigde State, waar die i40 nie beskikbaar is nie. Die estate-variant van die i40 is in September 2011 in Europa en Suid-Korea vrygestel, gevolg deur die sedanmodel in Januarie 2012,[3] en is ook beskikbaar in Australië en Nieu-Seeland.

In Maleisië het Hyundai die i40 by die 2013 Kuala Lumpur Internasionale motorskou vrygestel, in beide die sedan- en toerspesifikasies. Dit is bokant die Hyundai Sonata geplaas. Die enjin is die tweeliter GDI-motor wat gekoppel is aan 'n vingerskuif-sesgang-outomatiese ratkas.[4]

Ontwerp

Die motor is ontwerp by Hyundai se Europese R&D-fasiliteit in Russelsheim, Duitsland.[5] Dit word vervaardig in die Ulsan-aanleg in Suid-Korea.

Afhangende op die mark, is tot drie enjins beskikbaar uit 'n totaal van vier, 'n 1.7 L diesel in twee instellings (114 bhp en 134 bhp) en drie petroleenhede 1.6 L (133 bhp) en 2.0 L (175 bhp) GDI (of 'n 2.0 L (164 bhp) MPi petrol eenhede.[6] 'n "BlueDrive" opsie sluit in intelligente stop-aansittegnologie en 16 duim laerolweerstandbande, wat lei tot 'n verminderde CO2-vrystelling van 113 g/km vir die 85 kW-diesel.

Hyundai i40 Tourer (Suid-Korea; opgekikker)

Eksterne skakels

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.