Gaan na inhoud

Paryse Bekken

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Die Paryse Bekken is 'n geografiese gebied in die noorde van Frankryk, met die hoofstad Parys as sy sentrum.

In geologiese opsig word die Paryse Bekken deur kalkgesteentes gekenmerk. Die Franse bioloog Jean Baptiste Lamarck formuleer sy teorie oor die ewolusie aan die hand van weekdierfossiele uit die bekkenlandskap.