Gaan na inhoud

Ishihara-toets

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Voorbeeld van 'n Ishihara kleur toetsplaat. Die nommer "74" moet duidelik sigbaar wees vir kykers met normale kleurvisie. Kykers met rooi-groen kleurblindheid sal dit lees as "21",[1] en kykers met monochromasie sal dalk geen nommer sien nie.

Die Ishihara-toets is 'n toets vir kleurblindheid.[2][3]

Hierdie kleurpersepsietoets toets of by ‘n persoon die rooi-groen kleurgebrek aanwesig is. Die toets bestaan uit ‘n aantal kaartjies waarop elkeen ‘n sirkel saamgestel uit kolletjies wat in kleur en grootte verskil aangebring is. In die patroon van die kolletjies op elke kaartjie is daar ‘n syfer of ‘n lyn versteek. Iemand wat normale kleurvisie het, sien dadelik en duidelik die verskil tussen die agtergrond en die syfer of die streep. Vir mense met die rooi-groen visiedefek is dit moeilik of glad nie sigbaar nie. Die volledige toets betaan uit 38 sulke kaartjies, maar die bestaan van die kleurvisietekortkoming word meestal na die vertoon van die eerste paar patrone op die kaartjies al duidelik.

Hierdie toets is in 1917 ontwikkel deur die Japanse oogheelkundige Shinobu Ishihara.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Bonewit-West, Kathy; Hunt, Sue; Applegate, Edith (18 Junie 2014). Today's Medical Assistant - E-Book: Clinical & Administrative Procedures (in Engels). Elsevier Health Sciences. ISBN 978-0-323-29180-4.
  2. colorlitelens.com/ishihara-color-blind-test-more
  3. S. Ishihara, Tests for color-blindness (Handaya, Tokyo, Hongo Harukicho, 1917).

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Hofmeyr, Jannie: Wat veroorsaak kleurblindheid? In: Fourie, Danny (samesteller): Hoe verklaar jy dit? Interessante vrae en antwoorde oor die wêreld en lewe om ons. Kaapstad: Penguin, 2016. ISBN 978-1-77609-049-5