Korentepoortdam
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Korentepoortdam | |
---|---|
Amptelike naam | Korentepoortdam |
Ligging | naby Riversdal |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°59′50.3″S 21°09′30.2″O / 33.997306°S 21.158389°O |
Dam in | Korenterivier |
Doel | Besproeiing |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 16 m |
Reservoir | Korentepoortdam |
Kapasiteit | 8 000 000 m³ |
Opvanggebied | 0,25 km² |
Damoppervlak | 26,5 ha |
Die Korentepoortdam (voorheen ook bekend as die Korente-Vetterivierdam) verskaf besproeiingswater aan plase tussen Riversdal en Heidelberg.
Die dam lê in die Korenterivier, ‘n tak van die Goukourivier, ‘n 16 km van Riversdal in ‘n noordnoordwestelike rigting en aan die suidelike helling van die Langeberge. Dit is by die koördinate 33° 59″ 50.3′ suid en 21° 09″ 30.2′ oos.
Hierdie dam is in 1966 gebou, het ‘n bakmaat van net oor die 8 miljoen m³, ‘n walhoogte van 16 m en vorm ‘n stumeer van effens oor ‘n vierkante km groot. Hengel en waterski vind by die dam plaas.