Gaan na inhoud

R.D. Blackmore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

R. D. Blackmore

Engelse skrywer en tuinboukundige


Gebore

7 Junie 1825
in Longworth, Berkshire (tans Oxfordshire),
Engeland, Groot-Brittanje


Oorlede

20 Januarie 1900
in Teddington, Middlesex
Engeland, Groot-Brittanje


Literêre genres

Romantiek


Beduidende werke


Lorna Doone (1869)

Richard Doddridge Blackmore (* 7 Junie 1825, † 20 Januarie 1900), na wie meestal verwys word as R. D. Blackmore, was een van die bekendste Engelse skrywers in die tweede helfte van die 19de eeu. Sy werke het gedurende sy literêre loopbaan aanklank by lesers dwarsoor die wêreld gevind. Sy lewendige beskrywings en verpersoonliking van die Engelse platteland het ook van kritici hoë lof ontvang. Sy goeie oog vir en sy verbondenheid met die natuur was veral merkwaardig en is as een van die opvallendste kenmerke van sy werke beskryf. Naas sy skrywersloopbaan het Blackmore hom ook as tuinboukundige bekwaam.

Blackmore, wat dikwels die "Laaste Victoriaan" genoem is, was die baanbreker vir 'n nuwe romantiese stroming in die literatuur waarby later ook Robert Louis Stevenson en ander skrywers gereken is. Met Thomas Hardy het hy 'n Wes-Engelse agtergrond gedeel, en wat Hardy vir Wessex en Sir Walter Scott vir die Skotse Hoogland gedoen het, het Blackmore vir Devon vermag. Blackmore is beskryf as "trots, skaam, swygsaam, vasberade, sagmoedig en selfgesentreerd".

Alhoewel dit in sy leeftyd uiters gewild was, het Blackmore se literêre werk byna in vergetelheid geraak. Met uitsondering van sy roman Lorna Doone, wat steeds gewild is by huidige lesers, geniet die meeste van sy ander werke min aandag. Blackmore se reputasie berus vandag gevolglik veral op dié romantiese werk, ondanks die feit dat hy dit self nie as een van gunstelingromans beskou het nie.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]